Tuesday, June 30, 2009

Die Einde Van Twee Rockstars

Dis ‘n sondag oggend en ek ontwaak na wat ek weet was ‘n rowwe aand. Kyk rond en die gebeure van die vorige aand begin stadig maar seker weer terug kom. Dit is een van daardie oomblikke in jou lewe wat jy wens jy kan nie onthou nie. Maar dis vergeefs, want soos ek rond kyk kan ek nie help om presies die gebeurtenisse te onthou nie.

Daar oorkant is Sabastiaan ook besig om te roer. Huh, Bliksem is die eerste gedagte deur my kop. Die vorige aand het rustig begin met ‘n paar JD’s en Pearl Jam so loud as wat ek daarvan hou. So tussen deur die gekuiery en muzik het ek die kitaar opgetel en saam met Eddie en die dudes gejam.

Toe gewaar ek Sebastiaan se kitaar en vir een of ander rede sit ek myne neer. Vat syne en tokkel die kak uit hom uit, want syne het so ietwat van ‘n ander klankie. Nou ek weet ons biere was lankal klaar en ek dink die botel Jack was op sy laaste bene .

Jay en Chris was vroer daar en ons het ‘n klein rokie gemaak. Ons het afgespreek om mekaar later by The World’s End in Camden te kry.

So op ‘n stadium toe ek ons besluit dit is tyd om uit te gaan, loop ek en wil die kitaar bere. Ons dubbel kamer se mat het ‘n vou ingehad en ek in my dronkenskap struikel oor die fokken vou. Val met die kitaar in my hand en voor ek kan keer druk ek die stuk kak se nek mors af. Geskok en de moer in vir myself se ek vir Sebastiaan hy kan maar myne vat(dit was immers twee keer duurder as syne).

Sebastiaan het blykbaar nie die humor daarin gesien nie. Gryp my kitaar en soos ‘n ware rockstar en bliksem dit stukkend net daar voor my. Nou ‘n ongeluk is een ding maar om so doners moedswillig te wees nadat ek hom gevra het om dit nie te breek nie is nou maar net een te veel. Net soos nog ‘n rockstar wat ‘n stage dive doen tackle ek hom net daar. Na ‘n moerse struweling en so bietjie bloed bedaar ons.

Ek het die eerste hou of twee geland en hy het my vol op die mond beetgekry, die letsel sit vandag nog. Toe ons by ons sinne kom en vrede maak besluit ons dat dit so ‘n suksesvolle aand was dat ons nie daar kon stop nie. Is uit sonder om toe met die Ausies op te hook.

Ons is Earls Court toe en was dit nou ‘n gesukkel om by die bouncer van The Richmond verby te kom, maar daar in en verder snotters geraak. Daardie selfde aand besluit ons albei dat musiek maak nie vir ons beskore is nie.

No comments:

Post a Comment