Tuesday, June 30, 2009

Die koue oorlog

Die staande magte is Slanistov (soutpiel letterlik en figuurlik) en Semi-seerower (Semi, wettige okupeerder van die fokken gesteelde skip waarin ek dobber. Slani tydelikke (baie onwelkome) inwoner van die bielge van my skip genaamd Club Morrison).

Die 23 ste Desember, lekker dronk soos dit ‘n seerowende man betaam, oordoen ek dit so bietjie toe daar bo op die captain’s deck met die bier, rum en braaivleis, want dis mos lekker om rower dronk te raak ne?

Dis die aand, die volgende oggend 4 uur word ek wakker en vind myself op die wit telefoon en brul van genot!!!!!!!!! Ek hoor vir Slanistov hier agter my lag en foto’s neem. Nou ja ek is nie instaat om eers na sy kant toe te kyk nie. Kots my kotse klaar en gaan slaap verder met ‘n moerse gesukkel.

Nou word ek die oggend wakker en onthou die kak spul so vaagweg, soos die dag verby gaan en ek meer helder word raak ek meer bevok vir die spul. Help nie om dit kop toe te vat nie, die wiel draai. Die kiekie is deur die kerk!!!!!!!!

Steur my nie veel aan ou Slanistov vir die res van die dag nie, die koue oorlog was immers stil. Dis ‘n staande kerstradisie dat daar by my ouerhuis gefees word op oukersaand, so Slanistov is genooi om saam my te gaan maar wys die uitnodiging van die hand.

Hy verkies toe maar eerder om by hom self te fees, n vol hoender later en ek weet nie hoeveel biere verder nie, is Slani gefees. Ek is toe op die dingy weg na Mamma-rower. Fantastiese fees gehad saam die Rower gesin, almal was daar, Con, Pick, Bank, Mens, Juweel, Petty, Jack tot ou Kabel het dit gemaak.

Met die klim van die gangplank trug by my skip, merk ek ‘n doodse stilte op die waters. Stap oor die deck en merk Slani se deur is oop. Loop verby en so uit die skuinste van my oog sien ek die doos le en slaap, niks vreemds nie, hy het nie ‘n lewe nie.

So saam dit tel my oog iets vreemd op. Kan dit wees???.............Ag nee die doos se trill en ballas hang by sy broek uit. Fok tog, wat ‘n fucked up fokken toneel is dit nou nie wat mens so van die kant af in die gesig bliksem nie????
Net so voor ek myself nat pis van die lag, pluk ek my foon uit en vang die moer vas vir die res van sy lewe op een van die beste en lekkerste oomblikke van sy lewe, ‘n kersfees toss. Fanfokkentasties, Slanistov het eers later wakker geword en stilletjies hier rondgesluip soos net ‘n fokken russiese spy kan. Ek kon later nie die kak meer inhou nie, bars uit van die lag en wys toe maar vir Slani die footage, verseker hom dat ek dit dadelik sal delete, en doen. Die foto is gestuur vir die sensuur raad van Club Morrison, in die argiewe opgeneem in afwagting vir die dag wat Slanistov weer wil nekkie skiet.

Sonder Slanistov se wete en soos ‘n rower in die nag, terwyl die wanker nog le en slaap vat ek sy foon en delete al die foto’s van my. Die Koue oorlog het sleg gedraai vir die tosser, once.

Soos enige oorlog is daar tye waneer die manne warm raak onder die kiewe; hierdie een is geen eksepsie nie. Slanistov, die onderopgeleide/onderopgevoede rus wat hy is raak toe meer en meer antagonisties soos die dae verbytik tot by oujaarsdag.

Nou ja, ek voer ‘n koue oorlog, so ek bly kalm en gee die spasma nie eens ‘n kyk nie. So raak die man toe so ontsteld dat hy hom self later in die bielge toesluit van nuwejaarsdag af. Uit die bloute, die aand van die 5 de Januarie kondig Slanistov aan hy is nou see-siek, klim in sy dingy en fokkof. Dankie fokken tog.


Dis koud daarbuite


Die les mense: Moenie foto’s neem as jy met ‘n oop deur skommies nie!!!!!!!!!!!!!!








No comments:

Post a Comment